Senior maatskaplike werker in hof oor kinderporno

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Senior maatskaplike werker van die regering in die Vrystaat het Dinsdag in die Bloemfonteinse streekshof verskyn in verband met kinderpornografie, het Volksblad Woensdag berig.

Volgens die berig staar die 45-jarige man 10 aanklagte van die vervaardiging van kinderpornografie, die verspreiding asook besit daarvan, in die gesig. Hy staar ook sewe dissiplinêre klagtes by die departement van maatskaplike ontwikkeling in die gesig nadat hy glo ʼn amptelike skootrekenaar en selfoon misbruik het, in besit was van kinderpornografie, kinders seksueel misbruik het en kinderpornografie versprei het.

Die maatskaplike werker het voorheen by ʼn jeugsentrum gewerk. Hy werk tans by ʼn streekskantoor van die departement in Bloemfontein waar hy geen direkte kontak met kinders het nie.

Hy is Maandagaand in hegtenis geneem. Die polisie het bevestig dat hulle beslag gelê het op ʼn skootrekenaar, ʼn geheuestokkie, en twee selfone.

Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat en die saak is tot 13 November uitgestel. Die man se naam mag nie bekend gemaak word voordat hy gepleit het nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Dis hier waar ek nogmaals GAL GAAN BRAAK !

WAAROM kindertjies se liggame misbruik ?

Ja, voorsien ons van sy “naam” – diesulkes wat hulle skuldig maak aan hierdie barbaarse gedrag moet vir ewig uit die samelewing verban word.

(Dankie, ek voel nou effentjies beter) !

Seg Net ·

Trip ek stem saam dat sy naam bekend gemaak moet word, maar wat help dit. Niks vriendin niks. Sulke mens moet gemerk word dat almal wat hom sien waar ook al kan sien dat dit ‘n verkragter of gemolesteerder is. Die siek goed loop tussen ons rond, sit langs ons in die kerk, hou vir my en jou kind skool en ons weet dit nie. Sal dit ook nie weet voordat hy gevang word nie.

Eben ·

Die etter word daar gestel in n vertroulike posisie om om te sien na kinders en mense wat dit nodig het. Nee wat doen hy …. spyker homself! WTF!! Gee die naam, sommer sy adres ook het maatjies by Kovies wat hom graag wil gaan hallo sê. Dis sulke mense wat hulle self uit ons samelewing moet verwyder! Kontak my ek borg alles van tou vir ophang tot geweer vir opblaas!

R1000 …. WTF! Ja wat verwag ons van Suid-Aapland!!

Willy ·

‘n Senior maatskaplike werker nogal. Waarteen hy ‘n vyand moet wees is hy ‘n vriend van die veragtelike dade!
Is hy verplaas omdat sy dade op die lappe gekom het? As my afleiding reg is, wat was daaromtrent gedoen? Net die verplasing dat hy nie meer in kontak kan wees met enige kinders nie.
Ek hoop hy kry al sy hel.

Hennie du Toit ·

Ek kan nie verstaan dat professionele persone wat van beter behoort te weet sulke dinge kan doen en dan VRYGELAAT word in die gemeenskap en met borg van slegs R1000 nie. Ander minder ernstige misdade kry erger strawwe. My voorstel is dat iemand wat EENMAAL of meer by kinderpornografie betrokke was chemies kastreer MOET word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.