Sensus-2011 in volle vaart

Suid-Afrika se Sensus-2011 het Maandag in volle vaart begin met hawelose mense en babatjies wat voor middernag gebore is, wat eerste getel is.

Sensus-beamptes het vraelyste by alle hotelle, gastehuise en ander akkommodasie bestemmings afgelaai. Die vraelyste moet deur die eienaars en gaste wat die nag van die sensus hier oorbly voltooi word. ʼn Woordvoerder van Statistiek Suid-Afrika (SAA), Trevor Oosterwyk, sê Sensus-spanne sal Maandag die strate begin invaar. Oosterwyk sê hy is bewus daarvan dat mense bekommerd is oor of alle Sensus-werkers gekeur is. Hy sê al die Sensus-werkers is gekeur en dat nie eenn van die persone ʼn kriminele rekord het nie. President Jacob Zuma het ʼn intussen ʼn beroep gedoen op alle Suid-Afrikaners om te verseker dat hulle getel word. SSA sê skoolkinders en onderwysers sal help om seker te maak dat alle huishoudings getel word. As deel van ʼn spesiale program, sal leerders aan hulle onderwysers verslag doen oor of hulle families getel is. SSA sê alle mense word volgens wet verplig om alle vrae te antwoord wat aan hulle gestel word. Die sensus duur tot 31 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.