Suid-Afrika se Sensus-2011 het Maandag in volle vaart begin met hawelose mense en babatjies wat voor middernag gebore is, wat eerste getel is.
Sensus-beamptes het vraelyste by alle hotelle, gastehuise en ander akkommodasie bestemmings afgelaai. Die vraelyste moet deur die eienaars en gaste wat die nag van die sensus hier oorbly voltooi word. ʼn Woordvoerder van Statistiek Suid-Afrika (SAA), Trevor Oosterwyk, sê Sensus-spanne sal Maandag die strate begin invaar. Oosterwyk sê hy is bewus daarvan dat mense bekommerd is oor of alle Sensus-werkers gekeur is. Hy sê al die Sensus-werkers is gekeur en dat nie eenn van die persone ʼn kriminele rekord het nie. President Jacob Zuma het ʼn intussen ʼn beroep gedoen op alle Suid-Afrikaners om te verseker dat hulle getel word. SSA sê skoolkinders en onderwysers sal help om seker te maak dat alle huishoudings getel word. As deel van ʼn spesiale program, sal leerders aan hulle onderwysers verslag doen oor of hulle families getel is. SSA sê alle mense word volgens wet verplig om alle vrae te antwoord wat aan hulle gestel word. Die sensus duur tot 31 Oktober.
Ek wil lesers graag verwys na ‘n artikel op die Solidariteit Blog wat nog inligting bevat. Dit is by die volgende skakel: http://www.solidariteit-blog.co.za/sensus-omsendbrief-foutief/
Lees ook gerus AfriForum se persverklaring waarin hulle mense aanmoedig om aan die sensus deel te neem: http://www.afriforum.co.za/2011-10-10-afriforum-doen-beroep-op-publiek-om-sensus-2011-te-steun-sal-bydra-tot-bevordering-van-afrikaans/