Sensus 2011 kom tot ‘n einde, talle huishoudings nog nie getel

Sensus 2011 sal Maandag ten einde loop hoewel talle huishoudings steeds nie getel is nie.

Die statistikus-generaal, Pali Lehohla, het tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê huishoudings wat nog nie getel is nie sal tydens die afhandelingsfase, wat Dinsdag begin, besoek word. Die afhandelingsfase sal na verwagting twee weke duur. Statistiek Suid-Afrika sê die afhandelingsfase kan moontlik verleng word. RSG berig dat nagenoeg 17 000 huishoudings geweier het om getel te word. Daar is verlede week berig dat kriminele klagte teen drie persone van Waterkloof in Pretoria aanhangig gemaak is nadat hulle geweier het dat hulle huishoudings getel word. Lehohla sê meer as 20 miljoen vraelyste is die afgelope 21 dae versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.