Sensus toon SA groei

Suid-Afrika se bevolking het met sewe miljoen mense gegroei sedert die laaste sensusopname in 2001 gemaak is.

Verlede jaar se senusverslag is Dinsdag bekend gemaak. Luidens dié verslag was daar in Oktober 2011 sowat 51,8 miljoen mense in Suid-Afrika.

Die verslag wys daar was 51 770 560 mense om middernag op 9 Oktober 2011 in Suid-Afrika teenoor die 44 819 778 mense ʼn dekade vroeër.

Die sensus toon dat Gauteng, die kleinste van al die provinsies in die land, die digbevolkste gebied is met 12,3 miljoen mense. In teenstelling met Gauteng, bly die minste mense in die grootste provinsie, naamlik die Noord-Kaap. Slegs 1.1 miljoen mense het op 9 Oktober aangedui dat hulle in die Noord-Kaap woonagtig is.

Klik hier vir meer inligting oor die sensusverslag.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.