Serena Williams wil graag rose hê

Serena Williams

Voormalige Wimbledon-kampioen, Serena Williams, het Donderdag haar bewonderaars versoek om rose aan haar te stuur.

“Ek het baie lank gelede blomme van iemand ontvang wat nie besigheidsverwant was nie,” het die Amerikaanse ster gesug ná haar oorwinning in die twee rondte teenoor Melinda Czink, berig The Times of India. “Wanneer ek blomme gekry het, het ek dit nie genoeg waardeer nie, so… Ek is mal oor rose. Ek is dol oor rooi rose. Ek is dol oor wit rose. Ek is dol oor pienk rose. Pienk is my gunsteling kleur. Enige kleur roos,” het Williams gesê.

Op die waarskuwing dat die All England Club moontlik deur ruikers oorweldig sou word, het Williams, wat Wimbledon reeds vier keer gewen het, bygevoeg: “Ek hoop nie ek het nou iets begin nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.