Ses aansoekers sterf na fiksheidstoets

Argieffoto

Ses mense is dood nadat hulle aan ‘n werwingsfiksheidtoets vir die verkeersdepartement in KwaZulu-Natal deelgeneem het.

Die persone het vermoedelik ontwater, berig SABC. Nog ‘n persoon het glo uit frustrasie na die toets selfmoord gepleeg. Willies Mchunu, LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en -skakeling in KwaZulu-Natal, was nie vir kommentaar oor die sterftes beskikbaar nie. Mchunu het egter Saterdag in ‘n verklaring gesê hy sal die voorval waar “talle” mense, wat probeer het om ‘n pos by die padverkeersinspektoraat te bekom, tydens ‘n fiksheidstoets ineengestort het.

“Meer as 34 000 aansoekers het gekwalifiseer vir die 90 poste wat geadverteer is,” het Mchunu gesê. Luidens die verklaring het 15 600 aansoekers onderskeidelik Donderdag en Vrydag ‘n fiksheidstoets by die Harry Gwala-stadion ondergaan. “Talle kon nie die warm weerstoestande hanteer nie en het ineengestort.” Talle is na ‘n hospitaal geneem.

Mchunu sê hy sal met die persone in beheer van die toets vergader. “Ons betreur enige beserings en sterftes wat as gevolg van die fiksheidstoets plaasgevind het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H J Bester ·

Hierdie werwingsfiksheids-toets was sekerlik die mees bisarre en ongeorganiseerde aksie in menseheugenis en lê die onvermoë van die betrokke Owerheid bloot om so ‘n saak op professionele wyse te reël met die nodige ondersteuningsdienste wat daar hoort. Weereens ‘n blaps van ‘n onbevoegde regering !!!

Mev E J Otto ·

Ongelooflik en tragies Def swak beplan Glo daai lewens is op Regering en sy onbevoegde werkers se gewete! Hul moes dit voorsien het!

Ldc.wmd ·

Ek is lus en vloek die rook uit die mense! Waarvoor moes daai mense so gedril word? Dis nie asof die Beamptes so damn fiks is nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.