Ses beseer in roof by Kaapstad-winkel

Ses mense is Sondag beseer nadat ʼn groep mans ʼn winkel in Kaapstad wou beroof.

Die Daily Voice het Maandag berig die groep gewapende mans het Sondag by ʼn klerewinkel in Gugulethu Square ingestorm en op geld aangedring.

ʼn Oor-en-weer-skietery het tussen die mans en veiligheidswagte uitbreek. Twee wagte en twee verdagtes is gewond, waarna die vermeende rowers gevlug het.

Twee mense wat in die winkel was, is ook raakgeskiet.

Lt.kol. Thembinkosi Kinana, ʼn polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.