Ses beskuldigdes van 13-jaaroue moord in die hof

Forensiese deskundiges by vermoedelik Betty Ketani se graf Foto: Alex Eliseev, EWN

Die ses mans wat van die 13 jaaroue moord op Betty Ketani aangekla word, het Maandag in die landdroshof in Johannesburg verskyn.

Die moord is aan die lig gebring toe ʼn bekentenisbrief en ander getuienis onder ʼn mat in ʼn huis in Kenilworth aan die suide van Johannesburg opgespoor is, berig EWN. Die verhoor is tot Julie 2013 uitgestel en is geskeduleer om sowat vier weke lank te duur.

Vier van die beskuldigdes sal in aanhouding bly, terwyl twee op borgtog vrygelaat is. Die Staat het sy plan om sowat 60 getuies te roep bekend gemaak en het ʼn opsomming van die beweerde misdade gelewer.

Beendere is in ʼn vlak graf opgespoor en is oorsee weggestuur sodat DNA-toetse daarop uitgevoer kan word. Die bekentenisbrief, wat deur een van die verdagtes onderteken is, verskaf besonderhede oor Ketani se ontvoering en moord.

ʼn Man, wat die huis in Kenilworth gehuur het, is ook een van die verdagtes. Die brief het ook aangedui dat ten minste twee ander slagoffers deur die groep ontvoer is.

Lees meer:
13-jaaroue moord: Verdagtes “te gevaarlik” om vry te laat
13-jaaroue moord: Verdagtes se borgaansoek aangehoor
13-jaaroue moord: Polisie op soek na forensiese bewyse
13-jaaroue moord: Geheime ooggetuie bekend
Verstommende verwikkelinge in 13-jaaroue moordsaak
Verdagte van 13 jaaroue moord weerlê belydenis
Uitkenningsparade vir 13 jaaroue moordsaak
Meer besonderhede oor 13 jaaroue moord
Vyf in hof ná moord op vrou 13 jaar gelede
Misdade haal boewe 13 jaar later in

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.