Ses dood na brug meegee

Ses mense is Maandagaand dood en talle word glo vermis nadat vier motors deur vloedwater meegesleur is in Ermelo, Mpumalanga.

Volgens ER24 is hulle omstreeks 23:00 Maandagaand na die toneel van ʼn beweerde motorongeluk ontbied. Toe paramedici op die toneel aankom het hulle egter gesien dat ʼn taxi, ʼn bakkie en twee ander motors deur vloedwater meegesleur is nadat hulle glo ʼn laagwaterbrug probeer oorsteek het. Die brug in Lothairstraat het glo meegegee weens swaar reën. Paramedici het ses liggame uit die water gehaal. Agt mense is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Volgens paramedici is die polisie se soek- en reddingseenheid steeds op die toneel. Dit is nog nie duidelik hoeveel mense in die onderskeie voertuie was nie en daar word vermoed dat talle mense nog vermis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.