Ses dood ná hulle teenvriesmiddel drink

Vodka-namaaksel

Vodka-namaaksel

Ses mense is dood en ‘n vrou lê blind in die hospitaal ná ‘n drinkorgie in Rusland waartydens ook teenvriesmiddel gedrink is.

Die voorval is deur die amptelike nuusdiens, Interfax, bekend gemaak. Talle mense sterf in Rusland nadat hulle teenvriesmiddel drink, aangesien dit as ‘n goedkoop alternatief vir alkohol geag word.

Vice.com berig dat die Russiese bevolking krimp weens ‘n hoë sterftekoers van veral mans, en die lae aanwas. Altesaam 43% van die sewe miljoen Russe wat die laaste dekade dood is, se dood hou met alkoholgebruik verband. Sowat 40 000 Russe sterf jaarliks aan alkoholvergiftiging.

Die probleem het in ongeveer 2006 begin handuitruk toe ‘n alkoholhervormingprogram ingestel is om die Russe te ontmoedig om so diep in die bottel Vodka te kyk. Die gevolg was duurder drank op die rakke, maar ‘n reuse bedryf van goedkoop namaaksels het ontwikkel. Hierdie gewilde goedkoop konkoksies se “resepte” is vryelik op die internet te sien en sluit dodelike middels, waaronder teenvriesmiddel, in.

Bronne:
Trouw, Vice.com, Radio Free Europe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johnb474 ·

I was looking through some of your blog posts on this internet site and I conceive this web site is rattling informative ! Keep on posting . befbaccakfkd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.