
Kapt. Jackson Manatha, ‘n polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het Donderdagaand omstreeks 20:00 op die N2 naby Butterworth plaasgevind.
“’n Trop beeste het die snelweg oorgesteek. ‘n Volkswagen-minibus, Nissan-bakkie en Ford Figo het teen mekaar gebots nadat een van die voertuie die trop getref het. Al drie voertuie het van Oos-Londen in die rigting van Butterworth gery,” het hy gesê.
Ses mense is op die toneel dood verklaar en nege is na die Butterworth-hospitaal opgeneem met ernstige beserings.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
ja die beeste oral n probleem en niemand neem verantwoordelikheid daarvoor