Ses mense is dood en nege ander beseer nadat ʼn bakkie Saterdag omgeslaan het op die N1 buite Polokwane.
ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die bakkie het kerkgangers vervoer toe dit die pad verlaat het en verskeie kere gerol het. “Talle passasiers is uit die bakkie geslinger nadat die kap oopgegaan het. Paramedici het op die toneel aangekom en ses mense, van hulle tieners, gevind wat reeds aan hulle beserings beswyk het.” Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.