Ses ‘dwelmhandelaars’ vas

Argieffoto

Ses vermeende dwelmhandelaars is oor die naweek in Tzaneen en Burgersfort in Limpopo aangekeer.

“Die polisie het ook beslag gelê op vier voertuie ter waarde van R120 000 en kokaïen met ‘n straatwaarde van ongeveer R60 000,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. Die mans sal Maandag in die hof verskyn. Die polisie verwag om nog persone in hegtenis te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.