Ses erg beseer in bulren

Foto: Metro UK

Die hospitaal in Pamplona, Spanje, het Donderdagoggend bekend gemaak dat ses mense ernstig beseer is toe hulle aan Pamplona se bekende bulren deelgeneem het.

Die voorval het plaasgevind toe ses bulle in ‘n draai teen die muur vasgehardloop het, en alle mense op die grond neergeslaan het. Drie het kopwonde opgedoen, terwyl die ander drie in die gesig, op die rug en op die skouer raakgetrap is. Gelukkig het niemand onder die bulle se horings deurgeloop nie, berig die Berliner Umschau.

Die fees in  Pamplona word al van 1591 gehou, waartydens ‘n week lank feesgevier word. In die middel van die fees word die bulren gehou, wat diereliefhebbers jaarliks laat protesteer. Die fees duur nog tot Saterdag.

 

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuus, SA-nuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Charmaine Joubert

Hoekom moet hulle nog so iets aandurf, hoekom kan dit nie stopgesit word nie