Ses gevonnis vir moord op bejaarde egpaar

Gordon en Lorraine Adam.

Ses mans, waarvan drie minderjarig is, het skuldig gepleit op aanklagte dat hulle Gordon (78) en Lorraine Adam (63) vermoor het en is Dinsdag in die hooggeregshof in die Vrystaat gevonnis.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die mans is elk tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir huisroof met verswarende omstandighede en 19 jaar elk vir moord. Die vonnise sal gelyklopend uitgedien word. Tshepo Ramahlama (19), Sphiwe Sakman (19), Paseka Snyman (18) en drie minderjariges tussen die ouderdomme van 15 en 17 is in Februarie verlede jaar in hegtenis geneem kort na die moord op die Adam-egpaar. Die egpaar se seun, Ashley, het op 9 Februarie 2013 op sy ouers se liggame in hul huis in Bethulie afgekom. Die egpaar is in hul huis oorval nadat die skuldiges die kombuisdeur afgebreek het. Hulle is in hulle bed met messe gesteek en pangas doodgekap. Die hof het vroeër gehoor dat die egpaar altesaam 41 steekwonde tussen hulle gehad het.

Lees ook:
Bethulie-dubbelmoord: Ses weer in hof
Ses in hof vir moord op bejaarde egpaar
Vyf vas vir Bethulie-dubbelmoord
Bethulie-moorde ruk gemeenskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ai toggie ·

Wat?????? Is dit al? Waarheen gaan die land? Hierdie mense is so wreed vermoor en dis al wat die skuldige varke kry? Belaglik………..

Monica ·

Gelyklopend? Dit beteken hulle het eintlik 19 jaar tronkstraf gekry, waarvan hulle ± 10 jaar op die meeste gaan uitdien en dan sal hulle vrygelaat word. Met pangas doodgekap? Sjoe, ‘n lewe is darem min werd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.