Ses in hof oor plaasaanval

hofhamertjie3Ses mans, onder wie ʼn plaaswerker, het Woensdag in die Bothaville-landdroshof verskyn in verband met ʼn plaasaanval in November.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes se saak is tot Dinsdag uitgestel wanneer hul aansoek om borg sal voortgaan. Henry Ofoha (39), Paulus Radebe (38), Johannes Koalepe (42), Stoffel Maloisane (31), Lebelo Mochoa (43) en Prince Sunny Asagwara (34) is op 10 Desember in hegtenis geneem na die aanval en rooftog op Rhyno Smuts, ʼn boer van Bothaville. Smuts is op 30 November by sy plaashuis deur vyf mans aangeval. Smuts, ʼn tuinwerker en huiswerker is vasgebind. Die mans het met onder meer kontant, vuurwapens en ʼn motor gevlug. Die ses verdagtes word aangekla van sameswering om ʼn misdaad te pleeg en roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.