Ses in hof oor plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

Ses mans wat in verband met ʼn plaasaanval in hegtenis geneem is, het Woensdag in die Bothaville-landdroshof verskyn.

“Die saak is tot 8 Januarie uitgestel wanneer hulle formeel sal aansoek doen om borgtog,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê.

Henry Ofoha (39), Paulus Radebe (38), Johannes Koalepe (42), Stoffel Maloisane (31), Lebelo Mochoa (43) en Prince Sunny Asagwara (34) is op 10 Desember in hegtenis geneem en hulle word aangekla van sameswering om ʼn misdaad te pleeg en diefstal. Hulle bly in aanhouding tot die saak weer in die hof verskyn.

Vyf van die mans het glo in November ʼn boer, tuinier en ʼn huishulp naby Bothaville aangehou. Hulle het kontant, ʼn horlosie, juweliersware, selfone, vyf jaggewere, ʼn haelgeweer en ʼn voertuig gebuit.

Die sesde man is glo ʼn plaasarbeider.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Sou dit nie wonderlik wees indien Blankes in diens geneem kon word by boere nie !

Hier is weer ‘n duidelike bewys – mens kan hullle net nie vertrou nie, nie in ‘n miljoen jaar nie.

Maxi ·

As die blankes net nie so lui was nie, miskien ja. Ons het gesien hoe dros hulle by die hope , kon nie by hou by die swartes nie. Nee wat dankie ons swart mense werk al jare vir ons en daar was nog nooit enige teken van aanvalle nie. Inteendeel as enige een net iets vermoed word ons in kennis gestel

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.