Een van meisies wat aan die brand gesteek is, het Vrydagoggend aan haar beserings beswyk. Kirsty Theologo (18) is omstreeks 4:00 Vrydagoggend dood. Sy het ernstige brandwonde opgedoen tydens die voorval. Die klag van poging tot moord teen die vier mans wat Theologo en haar vriendin na bewering aan die brand gesteek het, sal na ʼn klag van moord verander word. Intussen sal twee meisies moontlik ook Dinsdag in die hof verskyn nadat hulle vroeër in hegtenis geneem is in verband met die voorval. Die saak is vroeër uitgestel tot 1 November vir verdere ondersoek. Die vier mans is Lindon Wagner (21), Robin Harwood (18), Lester Moody (18) en Jeremy King (18). Die mans was glo deel van ʼn groep vriende wat voorverlede week in die koppies naby Rosetenville, suid van Johannesburg gesit en kuier het. Van die mans het glo later die aand Theologo en haar vriendin se hande vasgebind, brandstof oor hulle uitgegooi en hulle aan die brand gesteek.
Ses in hof na beweerde ‘satanistiese ritueel’
Vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle twee meisies aan die brand gesteek het tydens ʼn beweerde satanistiese ritueel, verskyn weer Dinsdag in die Johannesburg landdroshof.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.