Ses in hof ná gru-moord op ma

Andrew en Carmen Manthe met hul babadogtertjie. Die foto word geplaas met goedkeuring van die familie

Ses mense het in die Willowvale-landdroshof verskyn in verband met die gru-moord op Carmen Manthe (37).

Mathe, haar 11 weke oue baba en haar ma is op 21 Mei by hul huis in Willowvale in die Oos-Kaap deur drie mans met byle aangeval. Carmen was in die stort toe sy aangeval is en het ernstige kopbeserings opgedoen. Sy is ʼn week later in die hospitaal oorlede. Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, sê Mzukisi Mshweshwe, Thulani Manganyelwa, Wandisile Gade, Zukisani Togwana en die Manthe’s se huishulp Thembeka Mdakana is Vrydag in hegtenis geneem. Manatha sê ʼn sesde verdagte Noluntu Mapolisa is Maandag in hegtenis geneem. Mapolisa het ook voorheen as ʼn huishulp vir die Manthe’s gewerk. Die ses verdagtes word aangekla van moord en huisroof. Mdakana en Mapolisa word ook van sameswering tot moord aangekla. Die saak is tot 19 Junie uitgestel wanneer die beskuldigdes om borg sal aansoek doen.

Gerrit Potgieter, ʼn vriend van die familie, het vroeër aan Maroela Media vertel Manthe se man, Andrew, met wie sy verlede jaar getroud is, is erg getraumatiseer deur die voorval.

Lees ook:
Huishulp, vier mans vas ná gru-moord op ma
Jong ma sterf ná wrede aanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.