Ses in hof oor R63 miljoen se tenderbedrog

Ses mense wat van tenderbedrog ter waarde van R63 miljoen aangekla word, het Donderdag in die landdroshof in Polokwane verskyn.

Die tenderbedrog hou verband met tenders wat vir die departement van vervoer uitgereik is. Betty Mashahane, Tebadi Foromo, Tshepo Malema, Portia Sebela, Calton Marule en Sekgobokgobo Ledodi, almal direkteure van verskeie maatskappye, is op borg van R5 000 elk vrygelaat. “Hulle sal op 30 Januarie weer in die hof verskyn,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê.
Die departement het hulle glo vroeg verlede jaar glo R63 miljoen oor ‘n periode van twee maande betaal.
Agt mense het Woensdag op soortgelyke klagtes in dieselfde hof verskyn. Mmakgomo Kgosana, ‘n senior bestuurder in die provinsiale departement van vervoer is een van die beskuldigdes.
Die ander beskuldigdes, ook direkteure van verskeie maatskappye, is Cedric Phukuje, Calvin Legodi, Hlangeleni Phasha, Precious Lekolwane, Mabina Ratshidi, Denis Koza en Mulalo Nelwamondo. Hulle is almal op borg tussen R5 000 en R10 000 vrygelaat. Hul saak is tot 29 Januarie uitgestel.

Verdere besonderhede is nie dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.