Ses in hof oor tenderbedrog

Ses mense wat beskuldig word van bedrog wat verband hou met tenders van die departement van vervoer in Limpopo ter waarde van R63 miljoen het Woensdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê Calvin Legodi, sy seun Sekgobokgobo, Hlangelani Phasha, Cedric Tshepo Phukuje, Betty Mashashane en Portia Sebela sal weer op 26 Maart in de hof verskyn. Ramaloko sê die beskuldigdes is direkteurs van vier verskillende maatskappye en twee is mededirekteure. Die departement van vervoer in Limpopo het die beskuldigdes glo R63 miljoen betaal in 2011 oor ʼn tydperk van twee maande. Nog ʼn groep, insluitend Tshepo Malema – Julius Malema se neef, het Dinsdag op soortgelyke klagtes verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.