Ses in Pta kry malaria, al reis hulle nie

Ses mense is in Pretoria met malaria gediagnoseer sonder dat hulle na malariagebiede gereis het, het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) gesê.

Nios sê drie mense van Soshanguve, noord van Pretoria, en drie mense van ʼn private woonkompleks in Pretoriuspark, oos van Pretoria, is met Malaria gediagnoseer. Nios sê dit is waarskynlik veroorsaak deur muskiete wat deur vakansiegangers in reistasse of voertuie Pretoria toe gebring is aangesien die malaraia-seisoen in Afrika tussen September en Mei is. Volgens Nios kan dit ook wel moontlik wees dat malariamuskiete plaaslik kan uitbroei. Nios sê mense moet veral versigtig wees om die simptome nie verkeerdelik as griep te diagnoseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.