Ses kinders sterf in gru-ongeluk

Ses kinders is Sondag in ʼn gru-ongeluk dood toe die bussie waarin hulle gery het teen die pilaar van ʼn brug in Meyerton gebots het.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die ongeluk het op die R59 in die rigting van Vereeniging onder die Johan le Roux-brug plaasgevind. Banks sê ses van die sewe kinders in die bussie is op die toneel dood verklaar. Die kinders was tussen die ouderdom van een en sewe jaar oud. Die bestuurder en ʼn 2-jarige kind het ernstige beserings opgedoen en is in die Sebokeng-hospitaal opgeneem. Die bestuurder het glo beheer van die voertuig verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.