Ses mense is Woensdag kritiek beseer in ʼn ontploffing in ʼn nywerheidsgebied aan die Oos-Rand.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ontploffing het in die Spartan-nywerheidsgebied van Kempton Park plaasgevind.
Dit is in die stadium nog nie bekend wat die ontploffing veroorsaak het of wat by die betrokke perseel vervaardig word nie.
“Een van die ses kritiek-beseerde pasiënte moes met ʼn helikopter na die hospitaal geneem word,” het Steinmann gesê. “Die ander vyf is met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem vir dringende mediese behandeling.”
Die oorsaak van die ontploffing word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Ons almal by PROJEK KOMBERSIE bid vir julle en dink aan julle!