Ses kritiek ná Oos-Rand-ontploffing

Foto: Netcare 911

Ses mense is Woensdag kritiek beseer in ʼn ontploffing in ʼn nywerheidsgebied aan die Oos-Rand.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ontploffing het in die Spartan-nywerheidsgebied van Kempton Park plaasgevind.

Dit is in die stadium nog nie bekend wat die ontploffing veroorsaak het of wat by die betrokke perseel vervaardig word nie.

“Een van die ses kritiek-beseerde pasiënte moes met ʼn helikopter na die hospitaal geneem word,” het Steinmann gesê. “Die ander vyf is met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem vir dringende mediese behandeling.”

Die oorsaak van die ontploffing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wilma Venter ·

Ons almal by PROJEK KOMBERSIE bid vir julle en dink aan julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.