Ses leerlinge in hospitaal vir breinvliesontsteking

Ses leerlinge is in die hospitaal in Brits, Noordwes, opgeneem vir waarneming en behandeling van breinvliesontsteking. Die kinders het meer as twee van die simptome van die siekte getoon toe hulle Donderdag  by Sereophata Primary School in Majakaneng teen meningitis ingeënt is.

Meer as ‘n duisend leerlinge en hulle onderwysers is ingeënt na die dood verlede maand van drie leerlinge by die skool.

‘n Bewusmakingsveldtog om die verspreiding van die meningitis-virus te bekamp, is onlangs in die gebied deur die departement van gesondheid van stapel gestuur. Motsamai Moloi, die departement se distriksbestuurder, het gesê die veldtog sal die naweek voortduur. Moloi het gesê al die skole in die gebied word besoek en pamflette word uitgedeel.  Kerke sal ook op Sondag besoek word om seker te maak dat almal die inligting ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.