Ses mans roof Spar, skiet twee

ʼn Spar-bestuurder is Sondagaand tydens ʼn gewapende rooftog by die Jukskei Park Spar, Randburg, doodgeskiet.

ʼn Groep van ses gewapende mans het omstreeks 19:00 by die Spar ingestorm en die eienaar en ʼn sekuriteitsbeampte van die winkelsentrum geskiet. Hulle het ook die sekuriteitsbeampte met ʼn geweer oor sy kop geslaan. ʼn Onbekende bedrag geld is gesteel. Douglasdale-polisie was kort na die voorval op die toneel. ʼn Volledige ondersoek is van stapel gestuur.

Die eienaar, bekend onder gereelde kliente as Paul (50),  en die sekuriteitsbeampte is na die Fourways-hospitaal geneem. Die eienaar het daar aan sy wonde beswyk. Die sekuriteitsbeampte is steeds in ʼn kritiese toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.