Ses mans is in hegtenis geneem nadat hulle Sondag drie vermeende rowers doodgeslaan het in Posdam in Oos-Londen.
ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Mluleki Mbi, sê die drie vermeende rowers het na bewering ʼn man beroof terwyl hy saam met sy vriendin in die straat geloop het. Hy sê die man het sy broer in kennis gestel van wat gebeur het. Die man se broer en van sy vriende het na die vermeende rowers begin soek. Hulle het die drie vermeende rowers gevind en met stokke, sambokke en klippe doodgemaak. Die drie vermeende rowers is op die toneel dood.