Ses SA-hoës vas oor kinderpornografie

Argieffoto

Ses mans wat vermoedelik verbind kan word aan ʼn groot internasionale kinderpornografie-sindikaat is in Suid-Afrika in hegtenis geneem, het The Times Woensdag berig.

Lt.genl. Solomon Makgale, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die mans is verlede Donderdag in hegtenis geneem. Twee van die verdagtes is onderwysers van Florida en Carletonville, ʼn afgetrede skoolhoof van Nelspruit, ʼn prokureur van Lichtenburg, ʼn dermatoloog van Pretoria en ʼn sakeman van Noordwes.

“Die polisie ondersoek nog 26 mense, en meer inhegtenisnemings kan verwag word,” het Makgale gesê.

Die polisie het oor die afgelope naweek klopjagte by verskeie huise in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Wes-Kaap en Vrystaat uitgevoer.

“Die polisie het 15 eiendomme deursoek en beslag gelê op 672 DVD’s, 22 geheuestokkies, agt skootrekenaars, 39 hardeskywe en 25 boeke,” het Makgale gesê.

Die polisie het saam met Interpol gewerk en die sindikaat is glo doenig in Kanada, Engeland, Amerika, Wes-Europa en Australasië.

Volgens die berig is kinders so jonk as vyf jaar oud gebruik om self en met volwassenes seksuele dade te pleeg.

Daar word vermoed dat die materiaal oorsee vervaardig is, maar die polisie ondersoek die moontlikheid dat kinders van Suid-Afrika ook daarby betrokke is, sodat die kinders opgespoor en vir berading gestuur kan word.

Oorsese polisie ondersoek ook of van die kinders vermoor is.

Die ses verdagtes van Suid-Afrika staar verskeie aanklagte in die gesig waaronder vervaardiging van kinderpornografie, asook die besit en verspreiding daarvan.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trippie ·

Soos Riempies gesê het – VUURPELETON VIR ELKEEN VAN HIERDIE DREKSELS !

akram ·

Vuurpeleton is te genadig.Dink hulle moet stadig in n bad suur laatsak word.Dan kan die gamors sommer in die drein afgespoel word.

Johan ·

Wie is die prokureur van Lichtenburg. Ek verstaan name word nie deur die media gegee voordat persone aangekla is nie.

Stoere Boer ·

Wat my bekommer is die onderwysers wat jy met kinders vertrou wat hierby betrokke is en seker potensiële “kliënte” in die skole werf want hulle kan mos maklik “probleem kinders” identifiseer. Die res van die klomp finansier seker die besigheid en die prokureur moet hul verdedig. Dus is alles fyn uitgewerk. Elkeen het sy deel wat hy tot die onheiligheid bydra.

sonja ·

Komaan! Wys die wêreld hoe hulle lyk en plak foto’s van hul gesigte oral op lamppale en plaas dit in koerante en tydskrifte en op die internet en dan natuurlik moet hul vir die res van hul lewens toegesluit word!!!

Louise ·

Ek stem saam met Sonja, sit hulle gesigte op sit dit op lamppale op die post tosties bokse dat die wêreld kan sien hoe lyk mense wat kinders se lewe opmors en weggooi. Kyk nou met Barbie, sy is vry en daardie kinders, ….. hulle is so in hul lewens teruggesit een het selfmoord gepleeg, en nou sê sy sy wil net met haar lewe aangaan! sy hoort saam met die spul in vandag se deurmekaar tronke!

Annamarie ·

Ek sterm saam sit hulle foto op en en sit hulle name by sodat die ouers kan sien wat se leed doen hulle aan die kinders.Ek lees gereeld julle nuusbrief.Sit hulle op want sulke mense behoort nie in die samelewening.Net om te dink dat hulle pornografie op `n vyf jarige kind uit oefen is a; klaar sickning.
Wat weet so `n kind van sulke goed.Dit ewe van `n groot mens.Toe ons dear julle sit op die foto`s sodat ons as leesteraars kan sie hoe die gemors lyk.So `n persoon moet in die openbaar verskyn om hulle gesigte te kan wys.Lyk my die samelewening is so dat jy geen mens meer kan vertrou saam met jou kinders nie.Hulle goed plae hulle seker wat gedurig af hang onder toe.Siek dit is wat dit is.

a.lombard ·

Maak almal se name en fotos bekend op al die voorblaaie van al die koerante. Kinders was weerloos teen die gebruik van hierdie siek geestelike persone, en kinders die nog daagliks gebruik word sal altyd onbekermd bly. Geen wette van beskerming van hierdie persone se name mag toe gestaan word nie. Die land moet gevangenisse opdeel in katagoriee, en al hierdie moordenaars, seksuele misdadigers saam plaas in een gevangenis, dan kan hulle mekaar uitroei/of alternatiewelik moet hierdie persone geketting word en langs die paaie werk en op elke oortreder se rug ‘n groot plakaat van sy oortreding vas gewerk sodat dat hulle sigbaar is vir almal.

of stuur hulle sonder kos en water na een van die voel eilande. Kinders moet versorg, gekoester en beskerm word, wat hierdie persone met kinders doen , gaan deur hulle lewe met hulle saam, dus hulle vermoor ook die kind, en die volwassene geestelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.