Ses Sasolburg-betogers in hegtenis geneem

Ses lede van die ANC-jeugliga is Vrydag in Zamdela naby Sasolburg in hegtenis geneem.

Kapt. Harry Nagel, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, sê die ses mans het onwettig by die Metsimaholo-munisipaliteit se kantore bymekaar gekom om aan te dring dat die burgemeester, Brutus Mahlaku, afgedank word.

“Die groep het Donderdag aansoek gedoen om ʼn betoging te hou, maar hul versoek is afgekeur. Hulle het vanoggend onwettig bymekaar gekom en hulle nie gesteur aan die polisie se bevele om uit mekaar te gaan nie,” het Nagel gesê.

Meer as 2 000 mense het verlede week na die burgemeester se kantore opgeruk en hom sewe dae tyd gegee om sy kantoor te ontruim. Hulle beweer dat hy betrokke is by korrupsie en die wanbesteding van munisipale geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.