Ses sterf in botsing

iStock_000015602916XSmall91-320x212Ses mense is dood en vier beseer nadat drie voertuie Saterdagaand in ʼn botsing betrokke was op die N1 tussen Trompsburg en Edenburg in die Vrystaat.

Volgens ER24 het twee motors en ʼn bakkie met ʼn sleepwa teen mekaar gebots. Die bakkie en die sleepwa het omgeslaan en in ʼn veld langs die hoofweg tot stilstand gekom. Twee mense was in die bakkie vasgekeer en is op die toneel dood verklaar. Volgens paramedici is nog vier mense etlike meters van die bakkie af gevind en is hulle ook op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van een van die motors is ernstig beseer en in ʼn kritieke toestand saam met die drie ander beseerdes na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.