Ses sterf in Ermelo-botsing

iStock_000015602916XSmall91-320x212Ses mense is Saterdagaand dood na ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn vragmotor in Ermelo, Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê die motor en die vragmotor het reg van voor gebots. Die ses oorledenes was almal insittendes van die motor. Die bestuurder van die vragmotor is lig beseer en na die Ermelo-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Mabuza sê die ongeluk het op die R36 tussen Ermelo en Breyten plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.