Ses sterf in Heidelberg-ongeluk

ambulansSes mense is dood en nege beseer ná ‘n ongeluk Sondagaand op die N3-snelweg naby die Jacobs-afrit in Heidelberg.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het Maandag gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. “Die bestuurder van ʼn minibustaxi het beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan en gerol het,” het Botha gesê. Die ongeluk het omstreeks 22:30 in ʼn suidelike rigting plaasgevind.

Die taxi het op die middelmannetjie van die hoofweg tot stilstand gekom. Volgens Botha is ses mense op die toneel dood verklaar. Drie mense het kritieke beserings opgedoen en ses het ernstige beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer. Een persoon is met ‘n helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem. Die res is met ambulanse na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.