Ses sterf in Angola-vloede

Foto van die vloede in Angola in 2007. Foto: UN Irin News

Ten minste ses mense is dood en honderde huise beskadig na swaar reën sedert die begin van die week in Angola.

“ʼn Vierjarige is in die hoofstad Luanda dood toe ʼn muur omgeval het,” het Tito Manuel van die burgerlike beskerming aan die Angop-agentskap gesê. Twee van die stad se hoofweë is vir verkeer gesluit weens grondverskuiwings en modder wat die paaie oorstroom het.

ʼn Ma en haar baba is glo in Benguela dood en drie ander persone is in die suide van die land oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.