Ses sterf in gru-ongeluk

Die foto is deur @GPSmedic op Twitter gelaai.

Ses mense is Vrydagoggend dood en vier ernstig beseer na ʼn taxi omgeslaan en gerol het op die N3 tussen De Hoek-tolhek en Villiers.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die bestuurder van die taxi het glo beheer verloor oor die voertuig waarna dit omgeslaan en verskeie kere gerol het. Hy sê talle van die passasiers is uit die taxi geslinger. Ses mense is op die toneel dood verklaar. Wicks sê vier ander mense is ernstig beseer en op die toneel behandel. Twee van die beseerdes is per helikopter na Chris Hani Baragwanath en Charlotte Maxeke-hospitaal vervoer. Verkeer is erg ontwrig.

Die foto is deur @jesslevitt op Twitter gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.