Ses sterf in Vrystaat-botsing

ambulansSes mense is dood nadat twee voertuie Sondagaand op die R705-pad naby Jacobsdal in die Vrystaat gebots het.

“Paramedici het die twee voertuie aan die kant van die pad aangetref. Wrakstukke van die voertuie was regoor die toneel versprei,” het Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, Maandag gesê.

Volgens Meiring is twee mense dood nadat hulle uit die voertuig geslinger is. “Vier mense wat in die ander voertuig gery het, was ook reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hulle liggame was in die voertuig vasgekeer. Dit is duidelik dat die voertuig verskeie kere gerol het.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Aron olyn ·

ek is diep gtref met di gval want dis my geestlike broer se ou boeta en vrou en my vrnd wat ons sam skool ggn dit dis tragies mar di God vn hemel en aarde gn hule toe rus met krag en heerlikhyd amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.