Ses sterf in Vrystaat-ongelukke

iStock_000015602916XSmall91-320x212Ses mense is Sondag in twee afsonderlike ongelukke op die N3 in die Vrystaat dood.

Drie mense is dood en drie beseer nadat die motor waarin hulle gery het naby Warden omgeslaan het. Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het op die N3 sowat 20km van Warden in die rigting van Johannesburg plaasgevind. Botha sê vyf van die ses insittendes is uit die motor geslinger toe dit omgeslaan het. Hy sê ʼn jong kind is onder die oorledenes. ʼn Man was in die motor vasgekeer en moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. ʼn 10-jarige meisie is kritiek beseer in die ongeluk. Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Intussen is nog drie mense dood nadat hulle motor teen ʼn vragmotor gebots het, ook op die N3 naby Warden. Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê twee mans en ʼn vrou is in die ongeluk dood. Hy sê ʼn kind is kritiek beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.