Ses vas oor dwelms

kokaïen1Ses mans is die naweek in Alberton vir dwelmhandel in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, sê die eerste verdagte is met vyf pakkies “Cat” in sy besit gevind. “Die polisie het later 95 pakkies in die man se woonstel gevind.” Kgasago sê twee Nigeriërs is ook in hegtenis geneem nadat daar “Cat” en kokaïne in hulle besit gevind is. Kgasago sê twee mans is in Brackendowns in hegtenis nadat hulle motor van die pad af getrek is en daar kristal-metamfetamien (ook bekend as tik) in hul besit gevind is. Die sesde verdagte is in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het. Hy is in Mayberry Park in hegtenis geneem vir die besit van dagga. Die ses verdagtes sal Maandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fanie ·

Rek die gemors, somer van die nek ag. Hulle het die land ingesuiple en ons mense kom om van die dwelms wat in gebring is en die regering sit agteroor. Die vangs is n drupple in die emmer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.