Ses vas oor dwelms

mandraxVyf mans en ʼn vrou is Sondag in George in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat dwelms ter waarde van sowat R120 000 in hul besit gevind is.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van de polisie, sê vyf Nigeriese mans en ʼn Suid-Afrikaanse vrou, tussen die ouderdomme van 30 en 40, is omstreeks 2:00 Sondagoggend by ʼn huis in Lawaaikamp in hegtenis geneem. “Die polisie het twee sakkies met 2 000 Mandrax-tablette in gevind. Dit was in ʼn 10kg koekmeel weggesteek. Daar is ook nog ʼn sakkie met 500 Mandrax-tablete in gevind en ʼn sakkie met sowat 50 gram Tik in.” Die ses sal na verwagting Dinsdag in die George-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dinknet ·

More Maroela-vriende!! So begin ons die koerantlees darem vandag op n positiewe noot…… So klein bietjie dwelms darem van die straat af…

Henrietta Klaasing ·

Gelukkig is daar nog kragpale
Ongelukkig sonder drade
Gelukkig is daar nog teerpaaie
Ongelukkig vol gate
Gelukkig het hul ‘n groot klomp dwelms gevind
Ongelukkig verdwyn dit gou-gou na iemand se garage…

Seg Net ·

More seg almal. Pas die regerings amptenare op en los die grense oop. Dit sal mos hierdie en ander misdaad in die eland verminder. Daar is nou meer mense wat die swart dreg van regering korrupte amptenare oppas as wat daar is wat ons grens bewaak. Die wat nog daar is ry weelderige motors en besit luuks huise, wonder waar kry hulle die geld?

Willy ·

Môresê almal.

Waar ‘n Nigeriër in die omtrek is, is daar dwelms.

Marietjie ·

Wys die ZA vrou se gesig. Ek het ‘n sindikaat oopgekrap un Pta en daar word gesoek na ‘n vrou van ZA in daardie ouderdomsgroep

Justi ·

More almal. Sal die dwelm smokkel ooit ophou? Ek twyfel. Dis goed dat van die mense is gevang is. Sluit toe en gooi die sleutel sommer weg. Hoop julle het n lekker dagi vandag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.