Ses vas oor gesteelde wiele

Argieffoto

Ses mans wat glo in ʼn sindikaat betrokke is wat motorbande en allooiwiele steel, is Vrydag in Oos-Londen aangekeer.

“Die mans, tussen 32 en 48 jaar oud, is by hul huise in Fort Grey en Needs Camp in hegtenis geneem,” het kaptein Stephen Marais, woordvoerder vir die polisie in die Oos-Kaap gesê. “Die polisie het inligting in die vroeë oggendure begin versamel weens verskeie klagtes van bande wat van motors in die Greenfield en Sunnyridge-gebiede gesteel is.” Die polisie het in Vergenoeg en omliggende gebiede beslag gelê op nege gesteelde motorbande en hul allooiwiele. Die mans sal Maandag in die landdroshof in Oos-Londen verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.