Ses wat glo Derby-Lewis plakkers op Mandela-padborde aanbring se saak uitgestel

Die verhoor van ses mans wat na bewering oud-president Nelson Mandela se naam op padborde in Pretoria met dié van Clive Derby-Lewis vervang het, se saak is in die Pretoria landdroshof tot 5 Desember uitgestel.

Die ses mans is Jan Beyers (31), Ben Geldenhuys (38), Tommy Harmse (33), Ewald Graefe (30), Cobus Pretorius (25) en Rian Combrink (27). Hulle is vroeër op borgtog van R1 000 elk vrygelaat nadat hulle in Julie in hegtenis geneem is. Die mans is glo op kringtelevisie betrap waar hulle plakkers met Derby-Lewis se naam oor dié van Nelson Mandela se naam op padborde in Sunnyside in Pretoria geplak het. Hulle word van openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en die oortreding van die Padverkeerswet aangekla. Derby-Lewis dien lewenslank tronkstraf uit vir sy aandeel in die moord op die SAKP-leier, Chris Hani.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sune van Heerden ·

Hiermee vra ons publiek om verskoning vir ‘n fout wat ingesluip het tydens die publisering van hierdie artikel. Die oorspronklike opskrif en teks kon geinterpreteer word asof die beskuldigdes reeds skuldig bevind is. Die opskrif en teks is nou reggestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.