Sesjarige glo by privaatskool verkrag

ʼn Sesjarige meisie is glo onlangs in die badkamer van ʼn privaatskool in die Oos-Kaap deur ʼn ouer leerling verkrag.

Die Dispatch Online berig die voorval het verlede Vrydag by ʼn skool in King William’s Town plaasgevind. Volgens die berig gaan die leerling wat die meisie verkrag het, steeds skool, al is die voorval by die skool se hoof aangemeld. Die familie sê hulle is “gewalg en teleurgesteld” in die manier hoe die skool die voorval hanteer. “Die skool het ons gefaal en wys geen teken van berou nie. Die skoolhoof het selfs aan die begin ontken dat die voorval plaasgevind het,” het ʼn familielid gesê.

Die saak is by die polisie aangemeld wat die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.