Sesjarige in Kaapstad doodgeskiet

geweer4-320x1791ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem en gaan na verwagting Woensdag in die hof verskyn nadat hy glo ʼn sesjarige meisie in Kaapstad doodgeskiet het.

Lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die voorval het Maandagmiddag in Lentegeur, Mitchells Plain, plaasgevind.

“Die verdagte het drie skote gevuur waarvan een die meisie noodlottig gewond het, een ʼn vierjarige seun in sy been getref het, en een ʼn 18-jarige seun gewond het,” het Traut gesê.

Die vierjarige en 18-jarige is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Traut het gesê die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.