Sesjarige sterf op pad skool toe

ambulansʼn Sesjarige meisie is Woensdagoggend in Germiston in die Oos-Rand doodgery terwyl sy op pad was skool toe.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 07:30 in Simon Bekkerweg in Tedstoneville plaasgevind. “Dit is in die stadium nog nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie, en wie daarvoor verantwoordelik is nie. Die polisie ondersoek die saak,” het Steinmann gesê.

Die kind is aan die kant van die pad aangetref. Paramedici het haar op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. “Die meisie is ongelukkig met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

amelia ·

Kan amper se taxi betrokke want 99% van die tyd is hul betrokke op een of ander manier

GawieM ·

Wie laat ‘n 6 jarige kind alleen, in “peak hour”, in ‘n plek soos Germiston in die straat stap? Die ouers moet ook aangekla word.

Dikkes ·

GawieM, ek stem met jou saam, geen mens laat toe dat sy kind van 6 alleen sonder ouer toesig alleen loop, in geen straat nie. Die ouers moet BESLIS aangekla word. Dit was nalatig van hulle. Nooit sou ek dit toelaat dat my kind alleen in enige straat, besig of nie besig rondloop nie.

RIP klein prinsessie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.