ʼn Sesjarige dogtertjie het Vrydagmiddag in Lehae in Lenasia, suid van Johannesburg, in die vloedwater verdrink.
“Sy was van die skool af op pad huis toe, toe die vloedwater haar meegesleur het,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, Saterdag gesê. “Haar liggaam is Saterdagoggend in ʼn rivier, sowat 4 km vanwaar sy verdrink het, opgespoor.”
ʼn Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word. -SAPA
Daar moet beter gekyk word na plekke wat kan oorspoel. Dis n gevaar vir kind en volwase persoon en dis tyd dat ons regering pa staan vir dit.