Seun (12) glo gedwing om vriend te verkrag

ʼn 42-jarige man wat daarvan verdink word dat hy twee seuns verkrag het, het Woensdag in die Schweizer-Reneke-landdroshof verskyn.

Kapt. Adele Myburgh, ʼn polisiewoordvoerder, sê twee seuns, onderskeidelik 12 en nege jaar oud, het saam met drie vriende in die straat gespeel toe hulle deur die beskuldigde genader is. Die man het op ʼn donkiekar gery en die vyf seuns gevra om hom te help om vir sy varke kos te gaan haal. Die vyf seuns het saam met die man op die donkiekar geklim waarna hy hulle na ʼn veld in Ipelegeng geneem het. Die man het die 12-jarige seun beveel om sy agtjarige vriend te verkrag waarna die man die 12-jarige seun verkrag het. Myburgh sê die drie ander seuns het die voorval aanskou. Die man is Maandag in hegtenis geneem. Hy bly in aanhouding en sal binnekort weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.