Seun (14) verwurg glo ouma

ʼn Veertienjarige seun sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn nadat hy glo sy ouma verwurg het.

ʼn Polisiewoordvoerder, konst. Moses Molepo, sê die tienerseun het na beweringsy 68-jarige ouma met ʼn elektriese koord verwurg nadat hulle gestry het. Molepo sê die ouma het glo aan haar kleinseun gesê om die televisie af te skakel en takies rondom die huis te doen. Die seun is Saterdagoggend in Thune naby Woodbush natuurreservaat in Limpopo in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting vandag in die Mankweng landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.