Seun (9) wat homself glo hang het nog geleef

klaskamer-320x240ʼn Negejarige seun het glo selfmoord gepleeg deur homself aan ʼn venster in ʼn klaskamer by die Laerskool Georgedale in KwaZulu-Natal op te hang.

Nkosinathi Sishi, hoof van die KwaZulu-Natalse departement van onderwys, sê die seun is Maandag onder sy skoolbank gevind met ʼn koord om sy nek. Hy het die reënjaskoord glo aan die venster vasgemaak en dit om sy nek gesit. Sishi sê die seun het nog geleef toe hy gevind is en is later in ʼn kliniek oorlede. Die polisie ondersoek intussen die voorval. “Vuilspel word nie in die stadium vermoed nie,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. Sishi sê hy het Dinsdag die skool en die seun se familie besoek. Die departement verskaf traumaberading aan die familie sowel as die onderwysers en kinders by die skool. “Dit is die ergste…ons het nog nooit ʼn soortgelyke voorval gehad nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.