Seun alleen na rooftog wat gesin uitwis

Die 19-jarige Dewald Coetzee is die enigste oorblywende lid van sy gesin nadat sy pa, Kobus Coetzee (47), gister oorlede is, sewe maande nadat hy sy ma en broer in ʼn rooftog verloor het.

Beeld berig dat Kobus gister in die Montana-hospitaal oorlede is, moontlik weens komplikasies van ‘n skietwond wat hy tydens die aanval opgedoen het. Coetzee, sy vrou Linda (47) en seun Ruan (21) is in Desember verlede jaar in hul huis in Wonderboom, Pretoria oorval en verskeie kere geskiet. Ruan, wat ses keer geskiet is, is ʼn paar dae na die voorval breindood verklaar. Linda is in Januarie in die Steve Biko-hospitaal oorlede. Sy is in die kop geskiet en het haar regteroog verloor voor haar dood. Kobus is Dinsdag in die hospitaal opgeneem en is gisteroggend vroeg oorlede na ʼn noodoperasie. Dewald het gister aan Beeld gesê “dit is ’n baie moeilike tyd”.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.